Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Bruilof op 'n Sonneblom [Afrikaans] Book

ISBN: B0C1J4L5MN

ISBN13: 9798390092958

Bruilof op 'n Sonneblom [Afrikaans]

Sybie is 'n alles-in-een inspirasie-bol. Dit is vir my 'n voorreg wat ek nie in woorde kan
beskryf om saam met so 'n begaafde, briljante digter en skrywer ons eerste gesamentlike boek uit te bring nie.

Sybie, jy het soveel bygedra in my lewe, my op jou hande gedra in een van die moeilikste tye wat enige vrou in die gesig kan staar en ek het net oneindig baie respek vir jou.
Lesers, geniet Sybie se hart in hierdie samestelling van gedigte en stories. Dit is 'n onvervangbare, kosbare skat.

Ruben, jy was my hart. Jy het my hand gevat en my begin lei op die skryfpad.

"Dieper Bennett, dieper," was jou opdrag soveel keer. Nooit het jy moed opgegee nie. Woorde het jou kom soek en hulle tuisgemaak in jou gemaklike diggoud.

Te vroeg het Vader jou kom haal op 5 September 2019. Ek sal jou nooit vergeet nie.

Basjan, jy het my en ander lesers gevat op "realistiese" sprokies met 'n absolute unieke aanslag op enige gedig. Soveel leemtes was daar in ons taal wat jy met 'n kunstige
unieke manier kom vul het. Dankie vir wat ek by jou kon leer. Toe Vader jou kom haal op 26 September 2022 het 'n groot boom in ons unieke taal geval. Jy leef voort in my
woorde en lewe.

Julle drie manne - die hartklop van my woorde.
Dankie.

Margaret, wat kan ek meer s? as wat duisende lesers, luisteraars en bekendes nie weet nie?
Digter met die omsingelwoorde, uit die hart getap . . . traan, lag en gebid.
Lees haar verse en dan besef jy dat sy dit vir jou op die leiklip van jou hart se tafel skryf.
Dan daardie silwer-ontvoerstem, 'n stem wat my verse laat lewe, my stories in my oor se gang goed en mooi laat klink.
Daar is ook Margaret, moeder en professionele vrou.
Maar bo alles vrou, volkome vrou.
Wat 'n voorreg om my verse saam met haar te kraal en in die hek twee siener-digters,
Ruben en Basjan.

Wat 'n eer en baie dankie.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$16.43
50 Available
Ships within 2-3 days

Related Subjects

Poetry

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured