Ware menswees en menslikheid word op sy beste in ons uitgebring deur diere. Diere as vriende, as beraders en soms die laaste een wat nog omgee. Om hul taal te verstaan en met hulle te kan praat, is uniek en ons kan soveel by hierdie uitsonderlike mense leer. Een so ʼn dieregeselser en die beste wat daar is, is oom Madefu. ʼn Wonderlike voorreg om reeds vir ʼn aantal jare saam met hom te skryf, by hom te leer, soveel van die oom se wedervaringe kon geniet, en daaruit te groei. In die boek wys hy sy liefde vir diere en begrip vir hoe hulle met ons as mense omgaan. Bo alles, soveel wat ons hieruit kan leer en sommer net geniet. Lees hier van die knorrige ou tannie Bontrok, Langes de Groote, en die ewige Hans Hadida wat almal se lewens ophelder en ook bietjie versuur. Ons geniet en leer wat ware moederskap is as ʼn kalfie weg van haar mamma geneem word, en van liefde en verlies. Soms om wrede dinge te moet doen wat reg is, soos toe hy ʼn rinkhals van haar pyn moes verlos. Deur al die stories is daar wonderlike lewenslesse vir elkeen om op ʼn vars manier te ontdek, en met ons geliefdes te deel. Die mooiste dalk net toe ... "En Soekie soen Kolla teen sy neus. Gelukkig staar hulle na die geeloog-maan wat deur die wolke loer. Daar bo lag die maan sag, en tevrede. 'Dit is so mooi', dink hy, 'om ʼn nuwe liefde op Kersdag te kan aanskou, al is dit tussen twee steenbokkies'." Van der Spuy Brink
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.